Bobcat Telescopic Handlers – betroubare, doeltreffende & koste effektiewe plaaswerker

Drie Bobcat Telescopic Handlers maak sommer ligte werk van harde take op plaas Kroon naby Vivo in Limpopo waar Sampie Roets sedert 1998, 90ha aartappels onder spilpunte verbou en met vleis beeste boer.

Sampie verduidelik, “Tydens aartappel oestyd word massasakke gebruik om die produk van die lande te verwyder. Die produk word dan met massasak en al op waens gelaai en na die wasmasjien vervoer waar dit in die wasmasjien gegooi word. Ons gebruik die Bobcat Telescopic Handlers, elk voorsien met vurk en bak hegstukke, vir enige laaiwerk van gips, grond en sand of wat ookal nodig is”.

“Aan die begin van die aartappel boerdery, het ek twee Sambron masjiene, wat ek sedert 1992 in my boubedryf gebruik het, na die plaas gebring. Die twee masjiene is steeds in diens en ek was so beindruk met die gehalte van die Sambrons dat, toe hul deur die Bobcat reeks vervang is, ek sonder enige huiwering Bobcat masjiene aangeskaf het.”

“Vandag se hoogs kompeterende mark noodsaak jou om inset koste altyd so laag moontlik te hou ten einde ‘n sukesvolle boerdery te bedryf en ‘n gesonde wins te maak. Ons maak natuurlik gebruik van akkurate boerdery metodes maar ‘n mens moet altyd jou oë oop hou om areas waar verdere onkostes uitgesny kan word, te identifiseer”. Sampie gebruik reeds Bobcat Telescopic Handlers sedert 2003 en volgens hom het die drie masjiene nog nooit  gepla nie. Ek is beindruk met die vermoë van die Bobcat masjiene om allerhande werk te verrig. Hy is eintlik so goed aanwendbaar dat hy die boer se elke verwagtin nakom – met ander woorde hy doen alles wat van hom verwag word”, sê Sampie.

Sedert Sampie die eerste Bobcat in gebruik geneem het, het hul nog geen meganiese probleme ontwikkel nie. “Die Bobcats is dus ‘n tipiese area waar ons kostes kan krimp omdat hul koste en tyd bespaar. Die masjiene is maklik om te onderhou omdat al die nodige filters ens. oop is. Met die hidrostatiese aandrywing is daar geen onderhoud met koppelaars ens. op die masjien nie.  Met ander woorde, onderhoudskostes is minimaal en daar is geen onnodige onproduktiewe onderbrekings nie

“Verder is brandstof verbuik uiters doeltreffend - ongeveer 2.5 tot 3.5 liter diesel per uur. En dan laaste maar sekerlik nie die minste nie, die masjien is nie 'n hoë spoed masjien nie en is dus gebruiks-vriendelik en veilig”, sê Sampie ter afsluiting.